Pretoria FM
08 Oktober 2026 Afrikaanse Nuus
- Title
- 08 Oktober 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:10
- Date posted
- 9 hours ago
- Description
- Die voorsitter van die interministeriële komitee oor migrasie, Mmamoloko Kubayi sê dat die onlangse uitspraak deur die Konstitusionele Hof vir asielsoekers nié beteken dat vlugtelingstatus óf permanente verblyfreg outomaties toegestaan word aan enigiemand wat Suid-Afrika binnekom nie.
Drie van die DA se burgemeesterskandidate in Gauteng het vandag ’n optog teen geslagsgeweld in Pretoria gelei.
Eswatini sê drie buitelandse burgers wat van die VSA na die land gedeporteer is, na hulle lande van herkoms gerepatrieer is.
- Title
- 07 Oktober 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:48
- Date posted
- 1 day ago
- Description
- Staatsamptenare wat nie daarvoor kwalifiseer nie, het die afgelope boekjaar maatskaplike toelaes van meer as R260 miljoen ontvang.
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging gaan ’n strafsaak teen beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig maak ná die dood van Sky, ’n 5-jarige polisiehond wat in September weens ernstige beserings van kant gemaak moes word.
Die Gautengse departement van gesondheid het tekorte aan sekere medisyne by openbare gesondheidsorggeriewe erken.
- Title
- 05 Oktober 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:55
- Date posted
- 3 days ago
- Description
- Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III sê president Cyril Ramaphosa weier om die “Kill the Boer, Kill the Farmer”-slagspreuk te veroordeel.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het oor die afgelope vyf boekjare byna R2,4 miljard aan huurvlugte bestee.
Vanjaar se Nobelprys vir geneeskunde is toegeken aan die Amerikaanse psigiater en neuroloog Karl Deisseroth en sy Duitse kollegas Peter Hegemann en Georg Nagel vir hul werk in optogenetika.
- Title
- 02 Oktober 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:38
- Date posted
- 6 days ago
- Description
- Die PA-leier en minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê mense wat die Kill the Boer-slagspreuk sing, behoort tronk toe te gaan.
Die Departement van Binnelandse Sake het Suid-Afrika se eerste werkende prototipe van ’n digitale identiteitsdokument bekendgestel.
Die 2027-Krieketwêreldbekertoernooi vir mans vind van 2 Oktober tot 21 November aanstaande jaar in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië plaas.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- 01 Oktober 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:22
- Date posted
- 7 days ago
- Description
- Die ACDP het die parlement versoek om die doodstraf her in te stel om moordenaars en verkragters in hul spore te stuit.
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek meer as 5-duisend gevalle van polisiewangedrag in die 2025/2026-boekjaar.
Botswana ontvang kritiek van diereregtegroepe, nadat die regering toestemming gegee het dat 23 olifante vir vleis vir die land se 60ste onafhanklikheidsvieringe geskiet word.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- 30 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:55
- Date posted
- 8 days ago
- Description
- Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het bevestig dat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking diplomatieke stappe teen die VSA se ambassadeur, Leo Brent Bozell III ingestel het.
President Cyril Ramaphosa het gisteraand ’n vierpuntplan aangekondig om geslagsgeweld te bekamp.
Die Suid-Afrikaanse Vuurwapeneienaarsvereniging, Saga, sê strenger beperkings op wettige vuurwapeneienaarskap is nie die oplossing vir geweldsmisdaad nie.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- 29 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:52
- Date posted
- 9 days ago
- Description
- Die Solidariteit Beweging het vyf voorstelle bekend gemaak in antwoord op versoeke van die Amerikaanse regering, te midde van die diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die Verenigde State.
Groot dele van Pretoria sonder krag na ontploffing by die Waltloo-substasie.
Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Shadrack Sibiya sê die aanklagte teen hom is polities gemotiveerd.
- Title
- Fokus | 28 September 2026 | SA se buitelandse beleid kniehalter vordering van binnelandse kwessies.
- Runtime
- 39:13
- Date posted
- 9 days ago
- Description
- In Fokus gesels Susan Botha met Roland Henwood en prof Koos Malan, oor Suid-Afrika se buitelandse besluit en hoe dit binnelandse politiek beinvloed en die misdaadsituasie wat weens onbevoegdheid en leierskapsprobleme krisisvlakke bereik.
- Title
- 28 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:56
- Date posted
- 10 days ago
- Description
- President Cyril Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief skerp uitgevaar teen landsburgers wat na die buiteland reis en ongegronde bewerings van ’n wit volksmoord verkondig.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- 25 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:46
- Date posted
- 13 days ago
- Description
- Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê dat munisipaliteite regoor die land die kragverskaffer sowat R450 miljard skuld.
- Title
- 23 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:59
- Date posted
- 15 days ago
- Description
- Die dokumentêr Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa sal môre by die Withuis in Washington vertoon word as deel van die voorspraakgroep, Lex Libertas se Witkruisprojek.
- Title
- Fokus 21 September 2026 | Het die regering sy greep op misdaad verloor?
- Runtime
- 39:42
- Date posted
- 15 days ago
- Description
- In Fokus 21 September 2026 gesels Susan Botha met Jaco Kleynhans en Tania Heyns oor onder meer die misdaadvlakke in SA. Het die tyd aangebreek vir ‘n debat oor strenger vonnisse? Die diplomatieke stilstand tussen SA en die VSA en die ooreenkoms tussen die VSA en Groenland
- Title
- 22 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:22
- Date posted
- 16 days ago
- Description
- Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, het president Cyril Ramaphosa gekritiseer vir die manier waarop hy diplomasie met die VSA hanteer en het terselfdertyd aangedui dat hulle veel eerder met oudpresident Thabo Mbeki sou wou skakel.
- Title
- 21 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:20
- Date posted
- 17 days ago
- Description
- Die liggaam van ’n tiende vrou is vanoggend in die Moroka-dam in Soweto gevind.
- Title
- 18 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:36
- Date posted
- 20 days ago
- Description
- Die Nasionale Departement van Gesondheid het ’n waarskuwing uitgereik oor ’n toename in gevalle van A-pokke in die land, nadat 18 gevalle bevestig is.
- Title
- 17 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:25
- Date posted
- 21 days ago
- Description
- Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap skuld byna R18 miljoen aan uitstaande huurgeld by sewe kantore landswyd.
- Title
- 16 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 9:23
- Date posted
- 22 days ago
- Description
- Die ANC het sy regsuitdaging verloor oor die versuim om kandidaatlyste vir ses munisipaliteite betyds in te dien vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November.
- Title
- 15 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:26
- Date posted
- 23 days ago
- Description
- Die liggaam van ’n sewende vroulike slagoffer is aan die Gautengse Oos-Rand gevind.
- Title
- 14 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:37
- Date posted
- 24 days ago
- Description
- Die polisie het 'n multidissiplinêre taakspan saamgestel om die moorde van verskeie vroue in en om Kempton Park te ondersoek.
- Title
- 11 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:46
- Date posted
- 27 days ago
- Description
- Onwettige handel kos Suid-Afrika na raming R200 miljard in belastinginkomste.
- Title
- 10 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:10
- Date posted
- 28 days ago
- Description
- Vandag ’n jaar gelede is die bekende konserwatiewe politieke aktivis, Charlie Kirk, by ’n kampusdebatsgeleentheid by die Utah Valley-universiteit doodgeskiet.
- Title
- Fokus 7 September 2026 | Verifieering van die kandidatelyste vir die plaaslikel regeringsverkiesing.
- Runtime
- 38:07
- Date posted
- 28 days ago
- Description
- In Fokus gesels Susan Botha met James Kemp en Jaco Kleynhans, oor die verifieering van die kandidatelyste vir die plaaslikel regeringsverkiesing en ons bespreek ook die jongste Ipsos meningspeiling asook die uitslag van die verkiesing in die Duitse deelstaat Sakse -Anhalt wat die politieke landskap kan verander
- Title
- 09 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:31
- Date posted
- 29 days ago
- Description
- Sky, die polisiehond, moes vanoggend by die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal in Pretoria van kant gemaak word vanweë die erns van haar beserings en orgaanversaking.
- Title
- 08 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:26
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die minister van landbou, Willie Aucamp, het ’n mylpaalprotokol onderteken wat Suid-Afrikaanse kersieprodusente vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark gee.
- Title
- 07 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:35
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Drie geskorste topbestuurslede van die Padongelukkefonds word deur strafregtelike klagte in die gesig gestaar nadat ’n forensiese ondersoek tenderbedrog en dwarsboming van die gereg blootgelê het.
- Title
- 04 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:26
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die landdros in die Peet Viljoen-saak het die verdediging se versoek om die saak van die rol te skrap van die hand gewys.
- Title
- 03 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:58
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die VF Plus gaan Amazon Web Services se Suid-Afrikaanse Sakeontwikkelingsprogram onder Amerikaanse owerhede se aandag bring.
- Title
- 02 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:34
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het besluit om die R1,6 miljard handboekkatalogus vir die grondslagfase voorlopig op ys te plaas nadat ’n onafhanklike ondersoek ernstige bestuursgebreke, regulatoriese oortredings en finansiële risiko’s aan die lig gebring het.
- Title
- Fokus | 31 Augustus 2026 | Nou begin die werklike verkiesingswedloop
- Runtime
- 48:19
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- In Fokus 31 Augustus met prof Koos Malan, genoot by Sakeliga en Werner human, Nuutaangestelde adjunk- uitvoerende hoof van Afriforum
*Nou begin die werklike verkiesingswedloop
*Misdaad daal, maar Suid-Afrikaners steeds nie veilig nie
En
Diplomatieke spanning op ’n nuwe kruispad tussen die VSA en Iran terwyl SA bande bou
- Title
- 01 September 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:54
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die Instituut vir Rasseverhoudinge, die IRR, is bekommerd oor die Waterkloof-lugmagbasis nadat die basis se operasionele gereedheidsgrondslag as ʼn hoë risiko geklassifiseer is.
- Title
- 31 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:46
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het skerp stygings in brandstofpryse vir September aangekondig.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- 28 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:03
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Meer as 5 400 moorde is in die eerste kwartaal van die 2026/2026-finansiële jaar gepleeg, hoewel dit ’n afname van 5,9% is.
- Title
- 27 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:42
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Nepal se Toerismeraad het bevestig dat daar ses Suid-Afrikaners is van wie daar geen nuus is nie, nadat fratsvloede en modderstortings dele van Nepal en Tibet getref het.
- Title
- 26 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:23
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- 'n Brand by die Pakistanse Instituut vir Mediese Wetenskap-hospitaal in Islamabad het tot die dood van minstens 14 pasgebore babas gelei.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- Fokus | 24 Augustus 2026 | Verkiesingskoors en ekonomiese D-dag vir Iran.
- Runtime
- 43:02
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Esté Gross bespreek die ANC se verkiesingsmanifes en sy drie burgemeesterskandidate, die VF+ en ActionSA se reaksie op die DA en die uitdagings van koalisiesamewerking. Internasionaal is die fokus op die VSA se hernude ekonomiese druk op Iran, Andy Burnham se besoek aan Oekraïne en die handelsoorlog tussen die VSA en Kanada. Sy gesels hieroor met Roland Henwood, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, en Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit.
- Title
- 25 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:00
- Date posted
- 1 month ago
- Description
- Die VF Plus het Grandi Theunissen in reaksie op sy bedanking en aansluiting by die DA sterkte toegewens by sy nuwe politieke tuiste.
- Title
- 24 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:01
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Die baasbrein agter die sluipmoord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, is vyf jaar na dié opspraakwekkende moord steeds soek.
- Title
- 21 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:51
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Die Nasionale Vervolgingsgesag het die aanklagte van bedrog en korrupsie teen sewe misdaadintelligensiebeamptes insluitend die eenheid se hoof, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, laat vaar. Die aanklagte vloei uit die aanstelling van brigadier Dineo Mokwele.
- Title
- 20 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:26
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Oliepryse het vandag vir die vyfde agtereenvolgende dag gestyg te midde van voortslepende vyandelikheid tussen die VSA, Israel en Iran.
- Title
- Susanna Smit Studiefonds
- Runtime
- 4:03
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- 2026 Episode 8
Tema: Susanna Smit Studiefonds
Yolandi Theron, Hoof: Helpende Hand Studietrust
Gasspreker: Tanja Kitching
Fondsbestuurder: Interne- en Bewegingstudiefondse
- Title
- RaakPraat | 20 Augustus 2026 | In gesprek met Flip Buys
- Runtime
- 48:38
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Hoe het die Mynwerkersunie in 'n organisasie soos die Solidariteit Beweging ontwikkel? En wat is nodig om 'n toekoms vir Afrikaners hier aan die suidpunt van Afrika te verseker? James Kemp het met Flip Buys oor sy eerste jare in die vakbondwese gesels en uitgevind hoe dit gelei het tot die oprigting van ander instellings, wat 'n universiteit insluit.
- Title
- 19 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:21
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Suid-Afrika se inflasiekoers het in Julie tot 4,3% verlangsaam, teenoor 5% in Junie.
- Title
- 18 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:15
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Die landdroshof in Brakpan het vandag gehoor dat Wiandré Pretorius - die sleutelfiguur in die moordsaak van Emmanuel Mbense – sy eie lewe geneem het, nadat DNS-bewyse hom in Mbense se slaapkamer - op die aand van sy moord - geplaas het.
- Title
- Fokus | 17 Augustus 2026 | Naledi Pandor se kritiek teen Akademia
- Runtime
- 41:47
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- In dié week se Fokus bespreek Esté Gross die politieke landskap wat vinnig begin skuif: nuwe verkiesingsmanifeste, meningspeilings wat op verliese vir die ANC in Tshwane en Johannesburg dui, Dr. Naledi Pandor se kap na Afrikaanse privaatbefondse instellings, spesifiek Akademia en Jared Kushner se gesprekke met Hamas en Benjamin Netanyahu oor die oorlog in Gaza met met prof. Koos Malan, genoot by Sakeliga en dr. Martin van Staden, hoof van beleid by die Vryemarkstigting.
- Title
- 17 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:23
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Suid-Afrika sukkel om die 18,5 miljoen Amerikaanse dollar wat hy aan die repatriasie van buitelandse burgers bestee het te verhaal.
- Title
- 14 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:30
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- ’n Voorlopige lys van 2 203 plaasmoordslagoffers is bekend gestel wat in September in Washington D.C. op wit kruise gedenk sal word.
- Title
- 13 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:55
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag waarsku dat die uitbreiding van informele nedersettings aangrensend aan weermagbasisse een van die grootste strategiese veiligheidsrisiko’s vir die Departement van Verdediging is.
- Title
- 12 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:32
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Daar word vermoed dat die brand wat vroeër die week by die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal omvangryke skade aan infrastruktuur aangerig het, opsetlik gestig is, nadat olie op verskeie plekke opgemerk is.
- Title
- 11 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:26
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Die amptelike werkloosheidskoers het met 0,9% toegeneem en staan tans op 33,6%. Statistiek Suid-Afrika het die werkloosheidsyfers vir die tweede kwartaal van 2026 vrygestel.
- Title
- 07 Augustus 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 10:30
- Date posted
- 2 months ago
- Description
- Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Velenkosini Hlabisa, het Woensdag 4 November as die plaaslikeverkiesingsdatum geproklameer en sodoende die verkiesingstydraamwerk van 90 dae formeel van stapel gestuur.

