Pretoria FM
22 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Title
- 22 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:14
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Keir Starmer het as eerste minister van Brittanje en leier van die Arbeidersparty bedank.
- Title
- 19 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:30
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die voorspraakgroep Lex Libertas sê die VSA se besluit om finansiering aan Suid-Afrika onder PEPFAR te beëindig is redelik én tragies, en volg glo op die Suid-Afrikaanse regering se versuim om sekere beleidsbekommernisse uit die weg te ruim.
- Title
- DekVeldSport met Arnold Geerdts
- Runtime
- 45:31
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Kyk nou na DekVeldSport met Arnold Geerdts.
- Title
- 18 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:24
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- ’n 69-jarige Kanadese toeris is by ’n piekniekplek naby die Phabeni-hek in die Nasionale Krugerwildtuin doodgeskiet, nadat ’n privaat gids glo per ongeluk ’n vuurwapen afgevuur het.
- Title
- RaakPraat | 18 Junie 2026 | Wat het gelei tot die gebeure van 16 Junie 1976?
- Runtime
- 33:40
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Staan die gebeure van 16 Junie 1976 in insolasie of moet daar ook na ander gebeure in daardie tydperk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gekyk word om sodoende presies te verstaan wat gebeur het en waarom?
James Kemp gesels met brigadier Hennie Heymans oor die gebeure van 50 jaar gelede.
- Title
- Fokus | 15 Junie 2026 | VSA/Iran: Historiese ooreenkoms?
- Runtime
- 45:03
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- In die week se Fokus gesels Pieter Cloete met Jaco Kleynhans (hoof van internasionale skakeling) en Roland Henwood (politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria) oor die historiese ooreenkoms tussen die VSA en Iran, Afriforum en Solidariteit wat oopkaarte speel met hul inkomste en belange en minister John Steenhuisen se departement wat weer die nuus gehaal het.
- Title
- 17 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:26
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis kondig verskeie skuiwe in die party se ministers- en adjunkministersposte aan. Die grootste skuif is die verwydering van die minister van landbou, John Steenhuisen en sy vervanging met Willie Aucamp, die oudminister van bosbou, visserye en die omgewing.
- Title
- 15 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:55
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die Verenigde State en Iran het ná weke se onderhandelinge ’n ooreenkoms bereik wat volgens albei lande tot groter stabiliteit in die Midde-Ooste kan lei.
Die VSA-president Donald Trump sê die ooreenkoms sal vrede en veiligheid in die streek bevorder, terwyl Iran dit as ’n diplomatieke en militêre oorwinning beskryf.
- Title
- Hier Sal Ek Boer Studiefonds
- Runtime
- 6:14
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Episode 6
15 Junie 2026
HH Studietrust: Yolandi Theron, Hoof: Helpende Hand Studietrust
Gasspreker: Karlynka Stafford, Studietrust: Fondsbestuurder Onafhanklike & Gemeenskapstudiefondse
- Title
- 11 Junie 2026 | DekVeldSport met Arnold Geerdts
- Runtime
- 37:35
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die hoof uitvoerende beampte van die Vodacom Bulls, Edgar Rathbone kuier by DekVeldSport met Arnold Geerdts.
- Title
- 12 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:47
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname toon dat diegene tussen 15 en 24 jaar die hoogste werkloosheidsyfer van 60,9% het, gevolg deur diegene tussen 25 en 34 jaar op 40,6%.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- 11 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:02
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die Wes-Kaapse regering het vandag vergader ná die vernietigende storms in Mei, wat skade van meer as R9 miljard aangerig het. Die provinsie se landbousektor het skade van meer as R5,2 miljard gely
- Title
- 10 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:15
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni het bevestig dat die massaskietvoorval wat gisteraand in Johannesburg plaasgevind het moontlik met onwettige mynbedrywighede verbind kan word.
- Title
- Fokus | 8 Junie 2026 | SA se immigrasiekrisis
- Runtime
- 41:23
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- In die week se Fokus gesels Pieter Cloete met die Operasionele Beampte van die Solidariteit Beweging Trust, Arno Roodt, en genoot by Sakeliga en konstitusionele juris, prof. Koos Malan, oor president Cyril Ramaphosa se toespraak oor immigrante; Sakeliga se voorstelle in verband met Agoa; die debat tussen James Myburgh en Max de Preez en ons sluit af met die nuutste in die oorlog tussen Iran en die VSA.
- Title
- 09 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:01
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die minister van landbou, John Steenhuisen het op die e-pos wat sy departement in die verleentheid gebring het gereageer deur op sy X-platform te sê dat hy kennis neem van die e-pos, dat die e-pos in swak smaak was en het die personeellid die opdrag gegee om aan die onderskeie belanghebbende partye om verskoning te vra.
- Title
- 08 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:36
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die Suid-Afrikaanse Brouerye het gewaarsku dat die land se bierbedryf deur die swartmark oorheers kan word indien die Nasionale Tesourie voortgaan met ’n voorgestelde 20%-aksynsbelastingverhoging op sterker bier.
- Title
- 05 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 7:07
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die regering het onderneem om alle uitstaande e-tol-skuld amptelik af te skryf.
- Title
- 04 Junie 2026 | DekVeldSport met Arnold Geerdts
- Runtime
- 35:22
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Op die week se Dek Veld Sport gesels Arnold Geerdts met Chris Oldnall en Peet Crowther oor hulle epiese 78 kilometre swem deur die Kaap se vriesende waters vir 28 uur.
- Title
- 04 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 4:59
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die parlementêre komitee oor polisie het gehoor dat duisende gevalle van statutêre verkragting in Suid-Afrika oor die afgelope vyf jaar aangemeld is, maar dat slegs ongeveer 14% daarvan tot skuldigbevindings gelei het.
- Title
- RaakPraat | Dr Dirk Hermann oor ras, regstellende aksie en Solidariteit se skakeling met die VSA.
- Runtime
- 33:44
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- In die jongste episode van RaakPraat gesels James Kemp met die uitvoerende hoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, oor raswetgewing in Suid-Afrika en of daar 'n einde aan raswetgewing teen 2030 verwag kan word. Daar word ook besin oor wat die gevolge van die vakbond se skakeling met die VSA is.
- Title
- 03 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:33
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Volgens die Nasionale Kinderbeskermingsregister is meer as 8-duisend-900 kindermishandelingsake en 3-duisend-200 seksuele mishandelingsake in die eerste tot derde kwartaal van 2025/2026 aangemeld.
Die aktivistegroep Women and Men Against Child Abuse is van mening dat Kinderbeskermingsweek sinloos is aangesien die stelsel vir 51 weke van die jaar nutteloos is.
- Title
- 02 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 4:33
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Meer Suid-Afrikaners doen aansoek om vuurwapenlisensies te bekom te midde van toenemende kommer oor misdaad en persoonlike veiligheid.
- Title
- Fokus | 1 Junie 2026 | DA en VF Plus in die bokskryt
- Runtime
- 41:35
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- In die week se Fokus gesels Pieter Cloete met Jaco Kleynhans (hoof van internasionale skakeling by Solidariteit) en prof. Koos Malan (genoot by Sakeliga) oor die nuutste in die VSA/Iran konflik, die woordwisseling tussen die DA en die VF Plus as ook skenkings aan politieke partye wat pas deur die verkiesingskommissie bekendgemaak is.
- Title
- 01 Junie 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:43
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die jongste brandstofpryse is bekend gemaak.
- Title
- Nuusweek | VF PLus stel ‘n omvattende regrukplan vir die Tshwane-metro en Pretoria bekend.
- Runtime
- 14:48
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die VF Plus in Groter Pretoria gaan oor die volgende drie maande ’n omvattende regrukplan vir die Tshwane-metro en Pretoria as hoofstad bekendstel.
Die plan sal weekliks deur middel van mediaverklarings, sosiale mediaplasings en kort inligtingsvideo’s bekendgemaak word.
VF Plus-raadslede en kandidate sal self die verskillende fasette van die plan in eenvoudige, praktiese taal aan die publiek voorlê. Die VF Plus se verkiesingstema, “Dis ons tyd”, vorm die fondament van hierdie inisiatief.
Nuusweek gesels met Willie Spies, VF Plus-burgemeesterskandidaat vir Tshwane-metro en Grandi Theunissen, VF Plus-streeksleier vir Groter Pretoria
- Title
- 29 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 4:43
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die Tshwane-metroraad het die begin van ’n openbare deelnameproses goedgekeur om insette van inwoners te kry oor ’n voorstel om die Wonderboom-lughawe te hernoem.
- Title
- Dek Veld Sport met Arnold Geerdts | 28 Mei 2026
- Runtime
- 37:24
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Pretoria FM Sport Program
- Title
- 28 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:48
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- Die Reserwebank het ’n rentekoersverhoging van 25 basispunte aangekondig.
- Title
- RaakPraat | 28 Mei 2026 | Rock and Roll, rehabilitasie en die idilliese (of is dit?) lewe op skepe.
- Runtime
- 1:01:15
- Date posted
- 4 months ago
- Description
- In die jongste episode van RaakPraat gesels James Kemp met Charlie Smidt van Beeskraal oor musiek, verslawing en of dit werklik so idillies is om op 'n passasierskip te werk.
- Title
- 27 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:27
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê Suid-Afrika sal op 'n deursigtige wyse besluit hoeveel mense die land wetlik en menswaardig kan huisves. Die ANC-NUK het ook kennis geneem van die besware van die March and March-beweging en dit as redelik bestempel.
- Title
- 26 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:18
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- President Cyril Ramaphosa het hom tot die hooggeregshof in die Wes-Kaap gewend om die verslag van die onafhanklike paneel oor die Phala Phala-gebeure nietig te laat verklaar.
- Title
- Fokus | 25 Mei 2026 | Vuishou vir Steenhuisen in hof
- Runtime
- 47:05
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- In die week se Fokus gesels Pieter Cloete met Jaco Kleynhans (hoof van internasionale skakeling by Solidariteit) en prof. Koos Malan (genoot by Sakeliga) oor hofuitspraak ten gunste van SAAI, TLU en Vrystaat Landbou teen die minister van landbou, John Steenhuisen, die nuutste in die NGV se vuishou in die hof, Ramaphosa se staat van beskuldiging en is daar die moontlikheid van 'n ooreenkoms tussen VSA en Iran?
- Title
- Wanneer iemand in jou glo!
- Runtime
- 9:57
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Episode 5
26 Mei 2026
Helpende Hand Studietrust: Dis meer as ‘n lening – Dis ‘n toekoms!
HH Studietrust: Yolandi Theron, Hoof: Helpende Hand Studietrust
Gasspreker: Nick Venter (Tweedejaar Student)
- Title
- 25 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:12
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- SANParke het bykomende veiligheidsmaatreëls in die noordelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin ingestel ná die moord op twee besoekers aan die wildtuin, Dina en Ernst Marais van Mosselbaai.
- Title
- 22 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:32
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Die jongste misdaadsyfers toon ’n nasionale afname in geweldsmisdaad, met die moordsyfer wat met 9,5% gedaal het. Kontakmisdade het met 4,6% afgeneem.
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia het nieteenstaande erken dat misdaadvlakke onaanvaarbaar hoog bly, met gemiddeld 58 moorde per dag.
- Title
- Dek Veld Sport met Arnold Geerdts | 21 Mei 2026
- Runtime
- 37:25
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Pretoria FM Sport Program.
- Title
- 21 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:39
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Die VF Plus sê dis tyd om te sorg dat Suid-Afrika ’n toekoms skep vir almal wat hier woon.
Dis Ons Tyd is dié party se slagspreuk vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing, wat vanmiddag bekend gestel is.
- Title
- RaakPraat | 21 Mei 2026 | Afrikaners, slagofferskap én of Suid-Afrika prakties werkbaar is.
- Runtime
- 59:14
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Johan Erasmus van die Betereinders praat oor Afrikaners, slagofferskap én of Suid-Afrika prakties werkbaar is.
In dié week se RaakPraat gesels James Kemp met Johan Erasmus, medestigter van die Betereinders, oor Afrikanerslagofferskap, oor of buitelandse skakeling die verkeerde opvatting oor die land skep en óf Suid-Afrika dalk te groot en te divers is om werkbaar te wees.
- Title
- 20 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:37
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Statistiek Suid-Afrika het bevestig dat die jaarlikse inflasiekoers bykans ’n volle persentasiepunt gestyg het tot 4-persent. DIT in vergelyking met Maart se 3-komma-1-persent.
- Title
- 19 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:36
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Verskeie media-instellings in die VSA het bevestig dat die Trump-administrasie voortgaan met planne om die aantal Suid-Afrikaanse vlugtelinge na die VSA te verdubbel.
- Title
- Fokus | 18 Mei 2026 | NGV: Spyker in die kis?
- Runtime
- 43:04
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- In die week se Fokus gesels Pieter Cloete met Roland Henwood (politieke ontleder aan die universiteit van Pretoria) en Ernst Roets (hoof uitvoerende beampte by Lex Libertas) oor die hoogste hof se uitspraak oor die NGV en meer oor artikel 235.
- Title
- 18 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:27
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Die konstitusionele hof het vandag ’n kernbepaling van die regering se beplande Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik verklaar.
- Title
- Geopolitieke gebeure en die invloed op Suid-Afrika
- Runtime
- 21:01
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- James Kemp is by Nampo en gesels met prof Nick Binedell oor belangrike gebeure in die wêreld en hoe Suid-Afrika daardeur geraak word.
- Title
- 15 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 6:52
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Die dodetal weens die stormweer in die Wes-Kaap het tot 10 gestyg.
Luister elke dag na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - www.facebook.com/pretoriafm
X - www.x.com/pretoriafm
WhatsApp-kanaal - whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- Wat is herlewingslandbou?
- Runtime
- 20:21
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- James Kemp gesels met Daneel Rossouw van Nedbank en Lindi Botha van Farmers Weekly oor herlewingslandbou.
- Title
- 14 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 8:15
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- President Cyril Ramaphosa het die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisisi Tholashe afgedank.
- Title
- RaakPraat | 14 Mei 2026 | Kallie Kriel oor politieke moorde en gelykheid voor die reg.
- Runtime
- 39:19
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Word diegene wat van politieke moorde voor 1994 aangekla word gelyk voor die reg behandel en was daar politieke inmenging om te verhoed dat sekere mense vir terreurdade vervolg word? James Kemp gesels met Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum, oor hierdie en ander kwessies.
- Title
- Al ooit gewonder: Wat is SACTA?
- Runtime
- 20:35
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- James Kemp gesels met Andrew Bennett om meer uit te vind oor die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Kultivar- en Tegnologie-agentskap.
- Title
- 13 Mei 2026 Afrikaanse Nuus
- Runtime
- 5:52
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê daar is tans geen bewyse van kriminele optrede in die 1,6 miljard-randse handboektender vir die grondslagfase vir 2027 nie.
- Title
- Fokus | 13 Mei 2026 | s Ramaphosa nou in 'n hoek gedruk?
- Runtime
- 39:15
- Date posted
- 5 months ago
- Description
- In die week se Fokus gesels Pieter Cloete met Roland Henwood (politieke ontleder aan die universiteit van Pretoria) en prof. Koos Malan (genoot by Sakeliga) oor die uitspraak van die Konstitusionele Hof ivm die Phala-Phala saak en Trump se besoek aan Sjina later die week.

