Pretoria FM
15 Junie 2023 19:00 Nuus
- Title
- 15 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:50
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Pretoria FM reël reuse bloedskenkgeleentheid by Loftus Park.
- Title
- Wêreldbloedskenkerdag - 15 Junie 2023
- Runtime
- 7:24
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Pretoria FM het in samewerking met die Said-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens 'n "jail en bail" geleentheid gehou en nege mense in hegtenis geneem. Hulle is vrygelaat toe hulle genoeg eenhede bloed kon insamel. Dankie vir elkeen se deelname.
- Title
- 14 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:45
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Gauteng dra 27,2% by tot die nasionale misdaadstatistiek.
- Title
- Swaar reënval in groot dele van die Wes-Kaap
- Runtime
- 0:56
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Swaar reënval in groot dele van die Wes-Kaap het tot kitsvloede gelei in Stellenbosch en dele van die Paarl. Die lemoenboord in die video is langs die Olifantsrivier by Citrusdal geleë. Inwoners is gevra om versigtig te wees en wetstoepassers is op 'n hoë gereedheidsgrondslag.
- Title
- 13 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 4:20
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Parlement gevra om nuwe raswet te debatteer en te stop.
- Title
- 12 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:58
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Solidariteit en Kaapse Forum hou groot mediakonferensie in Kaapstad oor uitwerking van raswet op Wes-Kaap en spesifiek die bruin gemeenskap.
- Title
- 9 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:55
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Noord-Kaapse boer by vleiskamer geskiet.
- Title
- 8 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:47
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Burgemeester van Modimolle-Mookgophong plaaslike munisipaliteit verloor haar kankerstryd.
- Title
- Prostavor
- Runtime
- 3:24
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Arrie Nel Apteekgroep/ Arrie Nel Pharmacy Group, Alpha Pharmacy en The Local Choice Pharmacy apteke bied hierdie Junie maand gratis PSA toetse aan alle mans bo die ouderdom van 40.
Volg hierdie skakel om jou naaste deelnemende apteek te vind - www.dbpharma.co.za/system/prostavor.php
Hierdie veldtog word geborg deur Prostavor in samewerking met die bogenoemde apteke.
Vir meer inligting besoek www.prostavor.co.za
Prostavor – vir die behandeling van simptome wat verband hou met ‘n vergrote prostaat. Beskikbaar by alle apteke sonder voorskrif.
- Title
- 7 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:36
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Die liggaam van ‘n 70-jarige man is op ‘n Mpumalanga-plaas gevind.
- Title
- 6 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:51
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Suid-Afrika se BBP groei met 0,4% ondanks beurtkrag en rentekoers-verhogings.
- Title
- 5 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:19
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Twee dubbele plaasmoorde die afgelope naweek.
- Title
- 2 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 2:54
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Konsepregulasies dui daarop dat Suid-Afrika eersdaags waterregulasies kan hê waarvolgens watergebruik deur ras bepaal word.
- Title
- Bybel projek
- Runtime
- 11:59
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Pretoria FM het onlangs `n proses help fasiliteer waardeur twee Bybels verkry is – een in Russies en een in Oekraïens, wat as Vredesbybels beskryf word. Die Bybels sal nou, met die hulp van die Bybelgenootskap, hulle weg na die twee lande vind.
- Title
- 1 Junie 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:55
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Suid-Afrika wil glo hê dat Brics-beraad in China aangebied moet word.
- Title
- 31 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:42
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- ANC se dissiplinêre komitee vind Ace Magashule skuldig aan wangedrag.
- Title
- Nampo Pretoria FM Onderhoud
- Runtime
- 13:29
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Pretoria FM onderhoud: Riaan Grobler gesels in die ateljee met Stephan Nel en Leona Vermaak van Case IH op hulle eie standplaas by NAMPO.
#PretoriaFM
#NAMPOterugblik
#CaseIH
#trekkerlekkerte
- Title
- 30 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 4:22
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Die DA dien hofaansoek in om Poetin se inhegtenisneming te eis.
- Title
- 29 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:41
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- President Cyril Ramaphosa sê cholera-uitbreking word vererger weens swak instandhouding.
- Title
- 26 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:41
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Pasgebore babas in Noordwes-hospitaal moet in kartondose slaap “weens naamsveranderinge.”
- Title
- 25 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:57
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Burgerregtegroep nader Menseregtekommissie oor die moordsaak van KwaZulu-Natalse dominee.
- Title
- 24 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 4:17
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Parlementêre komitee gaan vra dat André de Ruyter weer vrae antwoord oor Eskom-bewerings.
- Title
- 23 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 4:10
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Groot dele van Emfuleni staar totale duisternis in die gesig, sê die VF Plus.
- Title
- 22 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 3:51
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- AfriForum se plaasmoordverslag skets ‘n donker prentjie.
- Title
- 19 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 4:57
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Minister sê die Suid-Afrikaanse regering is nié teen Amerika nie.
- Title
- 18 Mei 2023 Pretoria FM Nuus
- Runtime
- 4:53
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Eskom sê daar gaan groot druk op die kragnetwerk wees tussen Mei en Augustus.
- Title
- Hemelvaartdiens
- Runtime
- 21:09
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Ds Janine Fourie van die Hervormde Kerk teen die Berg het ‘n spesiale Hemelvaartsdiens vir Pretoria FM se personeel gelei
- Title
- 17 Mei 2023 19:00 Nuus
- Runtime
- 4:12
- Date posted
- 3 years ago
- Description
- Die minister van openbare ondernemings gee toe dat Eskom ‘n “voertrog” is vir die ANC, maar óók ander organisasies.
- Title
- Voortrekker monument Kompetisie
- Runtime
- 5:35
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Vier van Pretoria FM se personeellede het op 18 April die Internasionale dag vir Monumente en Erfenisterreine op 'n baie spesiale manier gevier. Klankkoerant se hoofredakteur, James Kemp, Klankkoerant-verslaggewer, Mari Oosthuizen, en die besigheidskonsultante, Amorie Rossouw en Riaan Grobler het aan die Voortrekkermonument se erfenispret-projek deelgeneem en hulle kennis oor dié monument op die proef gestel. Dié vier het 'n span van Maroela Media uitgedaag. "Hoewel die span van Maroela Media eerste die wenstreep oorgesteek het, was dit 'n wonderlike dag om Pretoria se geliefde monument op dié wyse te ondersteun," sê Mari. Geluk Maroela.
- Title
- Klankkoerant Laatmiddag - Vrydag met Anton Meijer
- Runtime
- 27:22
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Die bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer het met Anton Meijer gesels oor die meer as 30 jaar wat hy by dié kragvoorsiener gewerk het, asook die huidige uitdagings wat Eskom in die gesig staar.
- Title
- Susan Botha gesels met Neels van Jaarsveld oor sy nuwe program
- Runtime
- 12:40
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Susan Botha het vanoggend met die akteur, Neels van Jaarsveld gesels oor sy nuwe program. Op Reis met my beste vried, wat Saterdag begin. Volg Van Jaarsveld en sy worshondjie, Lulu op hulle reis deur die land en besoeke aan nog bekendes en hulle vier-voetige vriende.
- Title
- Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings voorskou video 2023
- Runtime
- 0:48
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings word aangebied ter erkenning van kunstenaars, produksies en lirieke van hoogstaande gehalte en sal gepaard gaan met ‘n glansgeleentheid waarby die land se beste Afrikaanse kunstenaars betrek word.
Die vernaamste doel van die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings bly steeds om deurlopende harde en uitstaande werk op musikale vlak in ons pragtige taal, Afrikaans, te beloon en te vereer.
Die geleentheid word op 19 September 2023 in Pretoria by die Choose Life Ouditorium aangebied.
Inskrywings open op 24 April 2023.
- Title
- Klankkoerant 30 Seconds
- Runtime
- 19:33
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Die klankkoerant-span daag mekaar uit met hulle algemene kennis. v.l.n.r Mari, Esmarie, Anton en Jaco. #PretoriaFm #Klankkoerant
- Title
- WNDK met Rocco de Villiers.
- Runtime
- 4:04
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Onthou om in te skakel vir WNDK. Rocco de Villiers se splinternuwe album MY HANDE IS MY RANDE word eksklusief vrygestel op PretoriaFM. Esté Gross praat ook met Rocco oor sy nuwe digbundel - DIE EIESOORTIGES én wat hy in die mou voer vir sy optrede by vanjaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings.
- Title
- In Diepte: Nuwe tendense in die Suid-Afrikaanse begrafnisbedryf
- Runtime
- 11:45
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se sewende In Diepte-verslag fokus op nuwe tendense in die Suid-Afrikaanse begrafnisbedryf. Ons het gaan uitvind uit watter onderskeie opsies mense kan kies om ter ruste gelê te word en hoe gewild hierdie byderwetse tendense is. Ons gesels ook met ’n dominee om ’n Christelike perspektief op die manier waarop iemand ter ruste gelê word te kry.
- Title
- In Diepte: Waarom sommige skole korrupsie vryspring en ander nie.
- Runtime
- 13:57
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- In Klankkoerant en Pretoria FM se sesde In Diepte-verslag het ons gaan ondersoek instel oor voorvalle van korrupsie in Suid-Afrikaanse skole, nadat fluitjieblasers tussen 2012 en 2021 3667 klagte van korrupsie in die onderwyssektor by die waghondorganisasie Corruption Watch aangemeld het. Corruption Watch is bekommerd oor enkele gevalle van korrupsie en wanbestuur in skole, terwyl onderwysorganisasies egter vra dat dié bevindinge in konteks geplaas word omdat nié alle skole oor dieselfde kam geskeer kan word nie. Ons vind uit oor die vorms van korrupsie wat plaasvind, die moontlike oorsake en die stappe wat teen hierdie gedrag gedoen moet word.
Beeldmateriaal:
Heléne Leonard
www.pexel.com
Aanbieder: Inge du Plessis
Videoredigering: Bianca Schwan
Taalversorging: Esmarie Yssel
- Title
- In Diepte: Veediefstal in Suid-Afrika
- Runtime
- 17:05
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se vyfde In Diepte-verslag fokus op veediefstal in Suid-Afrika. Ons vind uit waarom vee só ’n aanloklike kommoditeit is, watter uitwerking veediefstal op boere se finansiële en emosionele welstand het en watter voorsorgmaatreëls boere kan tref om dié praktyk hok te slaan.
Beeldmateriaal:
Twitter: @_ArriveAlive
Twitter: @mwelimasilela
Mari Oosthuizen
www.pexel.com
Aanbieder: Inge du Plessis
Videoredigering: Bianca Schwan
Taalversorging: Esmarie Yssel
- Title
- In Diepte: Die toestand van vullisterreine.
- Runtime
- 14:21
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se vierde In Diepte-verslag fokus op die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika. Ons win inligting in oor die nagevolge van swak bestuur en die uitwerking wat vullisterreine - wat nie aan die voorgeskrewe standaarde voldoen nie - op die natuurlike omgewing het. Ons gesels ook met ’n burgemeesterskomiteelid oor die uitdagings waarmee munisipaliteite te make het met betrekking to die bestuur van vullisterreine en ons vind uit wat hulle beplan om die probleme hok te slaan.
Beeldmateriaal:
Video’s oor vullisterreine: Marthinus Koekemoer/Forum Nuus.
Foto’s:
Pexels.com
Die kantoor van die Tshwane-metroraad se burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur
Twitter/@CityTshwane
- Title
- In Diepte: Metropolisiebeamptes maak hulself skuldig aan korrupsie.
- Runtime
- 14:50
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se derde In Diepte-verslag fokus op metropolisiebeamptes wat hulself skuldig maak aan korrupsie. Ons gesels met belanghebbendes oor onlangse voorvalle van beweerde korrupsie en die beplande optrede teen die skuldige partye. Ons vind ook meer uit van die regte en verantwoordelikhede van die bestuurder en metropolisiebeampte wanneer hulle met mekaar te doen kry.
- Title
- In Diepte: Kuberkrakers, swendelaars en deepfake videos.
- Runtime
- 12:24
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se tweede In Diepte-verslag fokus op die in diepte video-vervalsing, ook bekend as deepfake videos, wat kuberkrakers en swendelaars aanlyn gebruik om mense te mislei. Ons gesels met kenners oor hoe hierdie videos gebruik word, en vind uit wat jy kan doen as jy in die lokval van 'n kuberkraker of swendelaar beland.
- Title
- In Diepte: Suid-Afrikaners in buitelandse tronke
- Runtime
- 9:27
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se eerste In Diepte-verslag fokus op Suid-Afrikaners in buitelandse tronke. Ons vind meer uit oor die stories van Suid-Afrikaners wat in buitelandse tronke beland het én gesels met familielede en belanghebbende organisasies oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
- Title
- Orania het die afgelope week sy 30ste bestaansjaar gevier.
- Runtime
- 12:55
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Orania het die afgelope week sy 30ste bestaansjaar gevier. James Kemp het met `n paar rolspelers in die gemeenskap gesels.
- Title
- Wêreldwyd word daar oor die moontlikheid van vierdagwerkweek gepraat.
- Runtime
- 10:47
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Wêreldwyd word daar oor die moontlikheid van vierdagwerkweek gepraat. Maar is dit prakties en kan dit in Suid-Afrika toegepas word? James Kemp het met die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt en die uitvoerende hof van Sakeliga, Piet le Roux hieroor gesels. Dink jy `n vierdagwerkweek kan werk?
- Title
- Hoop Glo en Leef Ep 1
- Runtime
- 14:50
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Beleef saam – Hoop Glo en Leef TV - aan jou gebring deur Pretoria FM.
‘n Besonderse aanlyn tv -program van treffende stories wat jou sal inspireer om te leef met nuutgevonde dankbaarheid.
Word meegevoer deur verhale en luisterryke musiek – Alles in ons bekoorlike taal
Hoop Glo en Leef TV – Op Facebook en Youtube vanaf 9 Desember
- Title
- Pretoria FM Vasbytfonds
- Runtime
- 2:23
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Die Covid-19 krisis het elke enkele bedryf in Suid-Afrika negatief geraak.
Dit het pas bekend geraak dat verskeie Afrikaanse gemeenskapsradio’s selfs sukkel om hulle personeel te betaal en salarisse tot slegs 25% van normale salarisse gesny het. Afrikaanse Gemeenskapsradio is noodsaaklik vir die voortbestaan van ons taal en gemeenskapslewe.
Pretoria FM het besluit om te help. Ons help reeds die afgelope aantal jaar verskeie Afrikaanse gemeenskapsradio’s met inhoud en inkomstestrome. Ons wil hierdie hulp voortsit, uitbou en versterk. Daarom het ons ‘n fonds gestig om Afrikaanse gemeenskapsradio’s te help.
Lewer vandag jou bydrae tot die voortbestaan van Afrikaanse gemeenskapsradio deur ‘n skenking aan:
Die Pretoria FM Vasbytfonds
ABSA bank
Rekeningnommer: 905 549 6744
Takkode: 632 005
Sms ons by 47887 as jy ‘n inbetaling maak en laat weet ook jou vriende.
Deur hande te vat sal ons hierdie krisis oorkom. Pretoria FM, waar ...
- Title
- MOEDERTAAL
- Runtime
- 3:29
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- 20 Februarie 2020 is Internasionale Moedertaaldag.
Afrikaans is 'n omvangryke taal met díe mooiste woorde.
- Title
- Gedagte vir die dag - Karen Zeelie
- Runtime
- 1:01
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Gedagte vir die dag.
- Title
- LIEFDE 101 - Pretoria FM Personeel
- Runtime
- 5:39
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Pretoria FM personeel vertel ons van hul geliefdes.
- Title
- Wêreld-radiodag - Pretoria FM
- Runtime
- 7:56
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Vandag is Wêreld-radiodag.
En wanneer die jonger garde vandag na die draadloos in die kombuis of leefkamer kyk, besef hulle nie aldag waar hierdie medium sy oorsprong gehad het nie.
Esmarie Yssel doen verslag.
- Title
- Pretoria FM Kersfeeskonsert 2019
- Runtime
- 13:18
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Die Pretoria FM Kersfeeskonsert 2019 het plaasgevind op Donderdag 21 November. Soos dit ‘n ware Somerkersfees betaam, was daar reën in die lug. Dit het egter nie ons luisteraars gekeer om reeds vroeg by Loftus Park op te daag nie. Met glimlagte en omgee harte is individuele blikkies, sakkies vol en selfs trollies met nie-bederfbare produkte by die geleentheid afgelaai voor mense hul sitplekke ingeneem het om die Kersfeeskonsert te geniet. Hierdie jaar was daar drie begunstigdes van die produkte wat ingesamel is tydens die Pretoria FM Kersfeeskonsert naamlik Huis Quanessa, Horison Sorgsentrum en Pretoria Skool vir Serebraalgestremde Leerders. Tien kunstenaars wat insluit Fatman, Willem Botha en Pieter Koen het gedeel in die kersvreugde deur gratis op te tree tydens die geleentheid. ‘n Onvergeetlike oomblik tydens die geleentheid was die tye wat dit liggies begin reën het. Die gehoor het bly sit en van die verhoog af kon daar gesien word hoe sambrele soos paddastoeltjies in die reÃ...

