Pretoria FM
16 April 2025 Nuus
- Title
- 16 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:32
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- In vandag se nuus:
Ace Magashule was weer vandag in die hof oor die Vrystaatse asbesdak-saak, ‘n motoris word vir moord gesoek na hy herhaaldelik met sy bakkie oor ‘n man ry.
Die verpleegstersvakbond, Denosa is kwaad oor min poste vir verpleegsters, en ‘n geskiedkundige beslissing oor die vroulike geslag gelewer.
Luister daagliks na ons gesprekke op PretoriaFM:
📻 104.2FM
DSTV kanaaal 887
of luister aanlyn by https://www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - https://www.facebook.com/pretoriafm
X - https://www.x.com/pretoriafm
Whatsapp Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - https://www.instagram.com/pretoria_
TikTok - https://www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus https://www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- Kweek kinders met karakter: Palmbome
- Runtime
- 7:29
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- In hierdie episode gesels Hettie saam met Karin Hand, geakkrediteerde fasiliteerder van die Journey through the parenting garden kurses oor die palmboom-persoonlikheidstipe. Hulle kyk na hoe jong palms lyk (0-6 jaar, 7-11 jaar en 12-18 jaar) en spesifiek hoe ‘n mens met ‘n palm moet kommunikeer.
- Title
- 15 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:41
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die omstrede asbesdak-saak duur vandag voort in die hooggeregshof.
- Title
- 14 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:43
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat Mcebisi Jonas sy nuwe, spesiale gesant in Amerika is.
- Title
- Pretoria-skougronde: Kyk hoe lyk dit nou 2025
- Runtime
- 9:41
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die Pretoria-skou het in 1939 as die Transvaalse Landbouskou begin.
Die gronde het in 1995 die eiendom van Tshwabac - die Tshwane-sake en Landboukorporasie – geword.
Die Pretoria-skou het elke jaar derduisende mense van regoor die land gelok, want dit het iets vir almal gebied.
Die skou se naam het in 2010 na die Lenteskou verander, maar het drie jaar later doodgeloop.
Die gronde staan tans leeg en vervalle en geboue is gevandaliseer. Wat hou die toekoms vir die skougronde in?
Hoofredakteur Esmarie Yssel en digitale mediakoördineerder,Bianca Evans, het die skougronde saam met die VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro, Grandi Theunissen besoek.
- Title
- 11 April 2025 Nuus
- Runtime
- 4:04
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Sakeliga, het 'n hofaansoek gebring om president Cyril Ramaphosa en sy kabinet te beveel om self die ineengestorte Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Lichtenburg reg te ruk.
- Title
- 10 April 2025 Nuus
- Runtime
- 4:51
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die burgemeester in die Tshwane-metro, dr Nasiphi Moya sê die stad se finansies is stabiel.
Luister daagliks na ons gesprekke op PretoriaFM:
📻 104.2FM
DSTV kanaaal 887
of luister aanlyn by https://www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - https://www.facebook.com/pretoriafm
X - https://www.x.com/pretoriafm
Whatsapp Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - https://www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - https://www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus https://www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- Mediese Gesprek - 10 April 2025 - Gaping in Epilepsie-behandeling
- Runtime
- 16:33
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Gesondheidskenners is bekommerd oor die hoeveelheid mense wêreldwyd wat behandeling vir epileptiese aanvalle nodig het, teenoor die hoeveelheid mense wat wel toegang daartoe het.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie leef sowat 50-miljoen mense wêreldwyd met epilepsie. Die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika meen epilepsie is veral ‘n probleem in derde wêreld lande, waar mense nie maklik gediagnoseer kan word en die regte behandeling ontvang nie. Die vereniging meen deur bewusmaking te verbeter, kan die lewensomstandighede van diegene wat met die toestand saamleef, ook verbeter.
Ek sluit nou aan by ‘n raadslid van die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika, dr James Butler.
- Title
- 9 April 2025 Nuus
- Runtime
- 4:00
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die handelsoorlog tussen en China en Amerika het vandag verder toegeneem.
- Title
- Kweek kinders met karakter: Boomeienskappe van ‘n volwasse boom
- Runtime
- 14:43
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Om jou kind se temperament en persoonlikheidstipe voleldig te verstaan, moet ‘n mens eers jou eie persoonlikheidstipe kan identifiseer. In hierdie episode gesels Hettie saam met Karin Hand, geakkrediteerde fasiliteerder van die Journey through the parenting garden kurses oor die eienskappe van ‘n “volwasse” boom.
- Title
- 8 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:56
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party sal met die DA vergader oor sy gedrag binne die Regering van Nasionale Eenheid.
- Title
- FOKUS - 7 APRIL 2025 - Die ANC steek sy RNE-vennote in die rug
- Runtime
- 42:57
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Anton Meijer gesels saam met Paul Maritz en Jaco Kleynhans oor die ANC wat partye buite die RNE genader het om sy begroting deur te druk. Hulle bespreek ook die moontlikheid dat ANC-leiers dalk persoonlike sanksies in die gesig kan staar, en hoe die Trump tariewe die globale markte op sy kop gedraai het.
Luister daagliks na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by [pretoriafm.co.za](http://pretoriafm.co.za)
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - [facebook.com/pretoriafm](http://facebook.com/pretoriafm)
X - [x.com/pretoriafm](http://x.com/pretoriafm)
Whatsapp Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - [https://www.instagram.com/pretoria_fm](https://www.instagram.com/pretoria_fm?utm_source=ig_web_button_share_sheet&igsh=ZDNlZDc0MzIxNw==)
TikTok - [https://www.tiktok.com/@pretori...
- Title
- 7 April 2025 Nuus
- Runtime
- 4:24
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse ekonomie sal weens die 2025-begroting groei, en sal ook mense se lewensomstandighede verbeter.
- Title
- Lyon vs die Hollywoodbets Sharks
- Runtime
- 54:37
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Lyon en die Hollywoodbets Sharks op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Johan Pretorius
- Title
- Lyon vs die Hollywoodbets Sharks
- Runtime
- 46:55
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die eerste helfte tussen Lyon en die Hollywoodbets Sharks op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Johan Pretorius
- Title
- Bayonnaise vs Vodacom Bulls
- Runtime
- 52:35
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Bayonnaise en die Vodacom Bulls op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Simon Riekert
- Title
- Bayonnaise vs Vodacom Bulls
- Runtime
- 46:44
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Bayonnaise en die Vodacom Bulls op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Simon Riekert
- Title
- Edinburgh vs Lions
- Runtime
- 51:32
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Edinburgh en die Lions op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Toeks Kotze
- Title
- Edinburgh vs Midas Lions
- Runtime
- 46:24
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Edinburgh en die Midas Lions op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Toeks Kotze
- Title
- 4 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:42
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die Pretoriase Hooggeregshof het die aansoek van oud-minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula, om toegang tot die ondersoek-dokumente van haar korrupsiesaak te kry, verwerp.
- Title
- 3 April 2025 Nuus
- Runtime
- 4:21
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Donald Trump kondig strawwe invoertariewe aan vir talle lande.
- Title
- Landbou - 3 April 2025 - Stroper Resies
- Runtime
- 5:53
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Vandag verwelkom Dian van der Berg vir Waldo du Preez die voorsitter van die Grootpan Studiegroep en Jacques Prinsloo van Bayer se strategie ontwikkelaar vir Dekalb SA in die ateljee en ons gesels oor die Stroper Resies wat hierdie jaar plaasvind op 6 Junie op Du Preez Landgoed tussen Koster en Lichtenburg.
- Title
- Mediese Gesprek - 3 April 2025 - Eetversteurings
- Runtime
- 14:54
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Een uit vier tienermeisies in Suid-Afrika ly aan ’n eetversteuring.
Die jongste navorsing wat in Johannesburg gedoen is het gevind dat 22 persent van vroulike adolossente en 9 persent van manlike adolossente aan só ’n versteuring ly.
Vandag neem ons hierdie siektes onder die loep in ons Mediese Gesprek.
En ons sluit aan by Marlene van den Berg. Sy is ’n terapeutiese programbestuurder en arbeidsterapeut by Netcare Akeso Montrose Manor.
- Title
- 2 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:49
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging begin met 'n hofsaak teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering.
- Title
- Kweek kinders met karakter: Oorsig
- Runtime
- 10:45
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Hettie Brittz se topverkoperboek, Kweek kinders met karakter, bied vir ouers ‘n blik op hoe elke kind se persoonlikheid en temperament verskil en hoe ‘n mens dan met hierdie kind kan kommunikeer en dissiplineer. Sy vergelyk elke persoonlikheidstipe met ‘n boom: palmboom, roosboom, denneboom en sierboom. In hierdie reeks gesels Hettie saam met Karin Hand, geakkrediteerde fasiliteerder van die Journey through the parenting garden kurses oor die verskillende persoonlikheidstipes.
- Title
- 1 April 2025 Nuus
- Runtime
- 3:31
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die DA-leier, John Steenhuisen en president Cyril Ramaphosa het vandag vergader voordat die begroting môre in die parlement goedgekeur word, al dan nie.
- Title
- Regsgesprek - 1 April 2025 - Gauteng howe - sake vir mediasie
- Runtime
- 21:47
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die regterpresident van Gauteng, Dunstan Mlambo het drastiese stappe voorgestel, om die agterstand in siviele sake onder die loep te neem.
Volgens ‘n voorlopige direktief, moet alle siviele sake in die provinsie eers ‘n verpligte mediasieproses deurgaan, voordat dit op die hofrol geplaas sal word.
Dit omdat die howe oorweldig is, en die vroegste hofdatums vir siviele sake tans eers in 2031 gehoor kan word.
Vir meer hieroor sluit ons nou aan by Willie Spies, van Hurter Spies ingelyf.
- Title
- Fokus - 31 Maart 2025 - Kill the Boer is moreel onregverdigbaar
- Runtime
- 41:15
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Anton Meijer gesels met prof. Koos Malan en Jaco Kleynhans oor die hofuitspraak rakende die dreunsang van Kill the Boer, en die internasionale veldtog oor die lied. Hulle bespreek ook die poging om Suid-Afrika in AGOA te hou, al wil Donald Trump ‘n nuwe handelswerklikheid skep. Die geskil oor die begroting kom ook onder bespreking.
Luister daagliks na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by [pretoriafm.co.za](http://pretoriafm.co.za)
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - [facebook.com/pretoriafm](http://facebook.com/pretoriafm)
X - [x.com/pretoriafm](http://x.com/pretoriafm)
Whatsapp Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - [https://www.instagram.com/pretoria_fm](https://www.instagram.com/pretoria_fm?utm_source=ig_web_button_share_sheet&igsh=ZDNlZDc0MzIxNw==)
TikTok - [https://www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus](https://www.tik...
- Title
- 31 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 4:01
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die Amerikaanse regering beplan glo om kantoorspasie in Pretoria te gebruik as tydelike vlugtelingsentrums vir Afrikaners wat na die Verenigde State wil gaan.
- Title
- Landbou - 31 Maart 2025 - Sakevertroue in landbou; en wildbedryf
- Runtime
- 18:13
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Dian van der Berg gesels met Agbiz oor sakevertroue in landbou en die geleenthede wat dit skep. Ons fokus ook op die wildbedryf om uit te vind hoe dit op die oomblik met dié bedryf gaan.
Gaste:
Theo Boshoff
Uitvoerende Hoof: Agbiz
Colin Engelbreght
Voorsitter: Wildbedryf Suid-Afrika
- Title
- Ulster vs DHL Stormers
- Runtime
- 52:08
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Ulster en die DHL Stormers op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Toeks Kotze
- Title
- Ulster vs DHL Stormers
- Runtime
- 50:58
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Turn your videos into live streams with https://restream.io
Volg die tweede helfte tussen Ulster en die DHL Stormers op Pretoria FM se YouTube Kanaal. Kommentaar deur Toeks Kotze
- Title
- 28 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 4:14
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ondersoek in te stel na onderskeie internasionale platforms waar AfriForum sy regstryd kan voortsit teen slagspreuke soos die “Kill the Boer”.
- Title
- Landbou - 28 Maart 2025 - Landbou se nuwe aanbieder, damverslag en LandbouWeekblad
- Runtime
- 15:50
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Elsa groet die program en gesels met die nuwe aanbieder van Landbou. Hoe lyk die jongste damvlakke in die land? LandbouWeekblad gesels oor ’n paar onderwerpe waaroor hulle hierdie week berig.
Gaste:
Dian van der Berg
Liana Mocke
Senior-joernalis: LandbouWeekblad
- Title
- 27 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 3:52
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Grondwethof verwerp appelaansoek oor Kill The Boer lied
- Title
- Landbou - 27 Maart 2025 - Landboumarkte en weerverskynsels
- Runtime
- 18:40
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons vind uit wat die jongste landboumarkte behels. Ons fokus op die huidige weerverskynsels wat op die oomblik ‘n uitwerking op landbou het.
Gaste:
Johnny van der Merwe
Besturende direkteur: AMT
Hannes Rautenbach
Landbouweerkundige en buitengewone professor verbonde aan die Universiteit van Pretoria
- Title
- Mediese Gesprek - 27 Maart - Novalis Sertifikaat
- Runtime
- 8:49
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Twee hospitale van die Life Healthcare-hospitaalgroep het onlangs hulle Novalis Sertifikate, vir hulle kraniale en ekstrakraniale stereotaktiese radiochirurgie (SRS/SBRT)-programme, ontvang. Hierdie sertifikaat is vir vier jaar geldig.
Stereotaktiese Radiochirurgie maak gebruik van bestraling-strale om kwaadaardige gewasse in die brein, en ander dele van die liggaam te behandel sonder dat dit nodig is om aan die pasiënte te sny.
Volgens ‘n verklaring deur Life Healthcare is dit ‘n baie gefokusde tegniek wat net die tumor teiken met ‘n minimale uitwerking op gesonde weefsel naby aan die tumor. Ek sluit nou aan by ‘n raadplegende mediese fisikus, verbonde aan Yenzakahle Jonathan Haynes.
- Title
- 26 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 3:37
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die DA skryf ‘n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die “verval van Gauteng en Johannesburg.”
- Title
- Landbou - 26 Maart 2025 - Voordele van regte siektediagnose by vee; en bek-en-klouseer
- Runtime
- 21:11
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons gesels oor die voordele van die regte siektediagnose by vee; en vind uit wat die jongste nuus rakende bek-en-klouseer is.
Gaste:
Didi Claassen
Spesialis veterinêre patoloog en algemene bestuurder van Afrivet-opleidingsdienste
Fanie Ferreira
Uitvoerende Hoof: Melkprodusenteorganisasie
- Title
- 25 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 3:54
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- AfriForum versoek president Cyril Ramaphosa om openlik die sing van Kill the Boer te veroordeel, wat weer op Menseregtedag deur die leier van die EFF, Julius Malema en EFF-lede gesing is.
- Title
- Fokus 24 Maart 2025 - Wie moet Suid-Afrika se ambassadeur na die VSA wees?
- Runtime
- 40:33
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Anton Meijer gesels met Connie Mulder en Roland Henwood oor Suid-Afrika se volgende ambassadeur na die VSA, Malema se hernude sing van die lied “Kill the Boer”, en die ANC se vryery na partye buite die RNE om sy begroting deur te kry.
Luister daagliks na ons gesprekke op Pretoria FM:
📻 104.2FM
DStv-kanaal 887
of luister aanlyn by [pretoriafm.co.za](http://pretoriafm.co.za)
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - [facebook.com/pretoriafm](http://facebook.com/pretoriafm)
X - [x.com/pretoriafm](http://x.com/pretoriafm)
Whatsapp Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - [https://www.instagram.com/pretoria_fm](https://www.instagram.com/pretoria_fm?utm_source=ig_web_button_share_sheet&igsh=ZDNlZDc0MzIxNw==)
TikTok - [https://www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus](https://www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus?_t=ZM-8swllInTL...
- Title
- Landbou - 25 Maart 2025 - Landbou in die Wes-Kaap en Suid-Afrika se verhouding met ander lande
- Runtime
- 25:27
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons vind uit hoe dit met die landbousektor in die Wes-Kaap gaan en gesels onder meer oor Suid-Afrika se verhouding op internasionale vlak.
Gaste:
Dr. Ivan Meyer
Wes-Kaapse Minister: Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
- Title
- Regsgesprek - 25 Maart 2025 - Voorkomende reg 2
- Runtime
- 12:38
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons sit vandag ons gesprek voort oor voorkomende reg. Ons het in die vorige uitsending gekyk na wat presies dit behels, en hoekom dit belangrik is vir besighede. Ons gesels verder met advokaat Saninke du Randt, ‘n regspesialis in kontrakte en besigheidsreg.
- Title
- 24 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 4:25
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Sowat 75,000 oorlede Suid-Afrikaners ontvang maandelikse toelae van Sassa, wat nagenoeg R140-miljoen beloop.
- Title
- Landbou - 24 Maart 2025 - Africa Agri Tech en ekonomiese landboukwessies
- Runtime
- 20:02
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons vind uit hoe die Africa Agri Tech-kongres en -ekspo verloop het; en gesels oor ‘n paar ekonomiese kwessies met betrekking tot die landbousektor.
Gaste:
Andries Wiese
Hoof van landbou: Hollard Insurance
Dawie Maree
Landbou-ekonoom: FNB
- Title
- 20 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 4:02
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die regering onderhandel tans met die Johannesburgse-metro oor hulle voorneme om Sandton-rylaan se naam te verander na dié van die Palestynse aktivis, Leila Khaled.
- Title
- Landbou - 20 Maart 2025 - Weerverskynsels en damverslag
- Runtime
- 15:11
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons vind uit watter weerverskynsels tans ‘n impak op die landbousektor het; en fokus op die jongste damvlakke regoor Suid-Afrika.
Gaste:
Prof. Hannes Rautenbach
Landbouweerkundige en buitengewone professor verbonde aan die Universiteit van Pretoria
- Title
- Mediese Gesprek - 20 Maart 2025 - Hiperpigmentasie
- Runtime
- 11:34
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Menigte vrouens voer ’n stryd teen hiperpigmentasie. Hoewel dit slegs ’n estetiese uitdaging is, is die omvang daarvan by sommige vrouens van só ’n aard dat dit hulle selfbeeld skade berokken.
Ons neem dié velprobleem onder die loep in hierdie Mediese Gesprek met Karen Bester van Lamelle Research Laboratories.
- Title
- 19 Maart 2025 Nuus
- Runtime
- 3:52
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Action Society eis antwoorde oor wie vir die sogenaamde bloulig-brigade se regskostes verantwoordelik is.
Luister daagliks na ons gesprekke op PretoriaFM:
📻 104.2FM
DSTV kanaaal 887
of luister aanlyn by https://www.pretoriafm.co.za
Gaan volg ons gerus op sosiale media:
Facebook - https://www.facebook.com/pretoriafm
X - https://www.x.com/pretoriafm
Whatsapp Channel - https://whatsapp.com/channel/0029VajTu2qHrDZZouFYOJ0Q
Instagram - https://www.instagram.com/pretoria_fm
TikTok - https://www.tiktok.com/@pretoria.fm.nuus https://www.tiktok.com/@pretoriafm
- Title
- Landbou - 19 Maart 2025 - Landboumarkte en veeartse wat Suid-Afrika verlaat
- Runtime
- 23:30
- Date posted
- 1 year ago
- Description
- Ons vind uit wat die jongste landboumarkteverslag behels; en fokus op die persentasie veeartse wat die land verlaat om hulle geld elders te gaan verdien.
Gaste:
Johnny van der Merwe
Landbou-ekonoom en Besturende Direkteur: AMT
Prof. Dietmar Holm
Departement produksiedierstudies, fakulteit veeartsenykunde: Universiteit van Pretoria

