Pretoria FM
Klankkoerant 30 Seconds
- Title
- Klankkoerant 30 Seconds
- Runtime
- 19:33
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Die klankkoerant-span daag mekaar uit met hulle algemene kennis. v.l.n.r Mari, Esmarie, Anton en Jaco. #PretoriaFm #Klankkoerant
- Title
- WNDK met Rocco de Villiers.
- Runtime
- 4:04
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Onthou om in te skakel vir WNDK. Rocco de Villiers se splinternuwe album MY HANDE IS MY RANDE word eksklusief vrygestel op PretoriaFM. Esté Gross praat ook met Rocco oor sy nuwe digbundel - DIE EIESOORTIGES én wat hy in die mou voer vir sy optrede by vanjaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings.
- Title
- In Diepte: Nuwe tendense in die Suid-Afrikaanse begrafnisbedryf
- Runtime
- 11:45
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se sewende In Diepte-verslag fokus op nuwe tendense in die Suid-Afrikaanse begrafnisbedryf. Ons het gaan uitvind uit watter onderskeie opsies mense kan kies om ter ruste gelê te word en hoe gewild hierdie byderwetse tendense is. Ons gesels ook met ’n dominee om ’n Christelike perspektief op die manier waarop iemand ter ruste gelê word te kry.
- Title
- In Diepte: Waarom sommige skole korrupsie vryspring en ander nie.
- Runtime
- 13:57
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- In Klankkoerant en Pretoria FM se sesde In Diepte-verslag het ons gaan ondersoek instel oor voorvalle van korrupsie in Suid-Afrikaanse skole, nadat fluitjieblasers tussen 2012 en 2021 3667 klagte van korrupsie in die onderwyssektor by die waghondorganisasie Corruption Watch aangemeld het. Corruption Watch is bekommerd oor enkele gevalle van korrupsie en wanbestuur in skole, terwyl onderwysorganisasies egter vra dat dié bevindinge in konteks geplaas word omdat nié alle skole oor dieselfde kam geskeer kan word nie. Ons vind uit oor die vorms van korrupsie wat plaasvind, die moontlike oorsake en die stappe wat teen hierdie gedrag gedoen moet word.
Beeldmateriaal:
Heléne Leonard
www.pexel.com
Aanbieder: Inge du Plessis
Videoredigering: Bianca Schwan
Taalversorging: Esmarie Yssel
- Title
- In Diepte: Veediefstal in Suid-Afrika
- Runtime
- 17:05
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se vyfde In Diepte-verslag fokus op veediefstal in Suid-Afrika. Ons vind uit waarom vee só ’n aanloklike kommoditeit is, watter uitwerking veediefstal op boere se finansiële en emosionele welstand het en watter voorsorgmaatreëls boere kan tref om dié praktyk hok te slaan.
Beeldmateriaal:
Twitter: @_ArriveAlive
Twitter: @mwelimasilela
Mari Oosthuizen
www.pexel.com
Aanbieder: Inge du Plessis
Videoredigering: Bianca Schwan
Taalversorging: Esmarie Yssel
- Title
- In Diepte: Die toestand van vullisterreine.
- Runtime
- 14:21
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se vierde In Diepte-verslag fokus op die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika. Ons win inligting in oor die nagevolge van swak bestuur en die uitwerking wat vullisterreine - wat nie aan die voorgeskrewe standaarde voldoen nie - op die natuurlike omgewing het. Ons gesels ook met ’n burgemeesterskomiteelid oor die uitdagings waarmee munisipaliteite te make het met betrekking to die bestuur van vullisterreine en ons vind uit wat hulle beplan om die probleme hok te slaan.
Beeldmateriaal:
Video’s oor vullisterreine: Marthinus Koekemoer/Forum Nuus.
Foto’s:
Pexels.com
Die kantoor van die Tshwane-metroraad se burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur
Twitter/@CityTshwane
- Title
- In Diepte: Metropolisiebeamptes maak hulself skuldig aan korrupsie.
- Runtime
- 14:50
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se derde In Diepte-verslag fokus op metropolisiebeamptes wat hulself skuldig maak aan korrupsie. Ons gesels met belanghebbendes oor onlangse voorvalle van beweerde korrupsie en die beplande optrede teen die skuldige partye. Ons vind ook meer uit van die regte en verantwoordelikhede van die bestuurder en metropolisiebeampte wanneer hulle met mekaar te doen kry.
- Title
- In Diepte: Kuberkrakers, swendelaars en deepfake videos.
- Runtime
- 12:24
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se tweede In Diepte-verslag fokus op die in diepte video-vervalsing, ook bekend as deepfake videos, wat kuberkrakers en swendelaars aanlyn gebruik om mense te mislei. Ons gesels met kenners oor hoe hierdie videos gebruik word, en vind uit wat jy kan doen as jy in die lokval van 'n kuberkraker of swendelaar beland.
- Title
- In Diepte: Suid-Afrikaners in buitelandse tronke
- Runtime
- 9:27
- Date posted
- 4 years ago
- Description
- Klankkoerant en Pretoria FM se eerste In Diepte-verslag fokus op Suid-Afrikaners in buitelandse tronke. Ons vind meer uit oor die stories van Suid-Afrikaners wat in buitelandse tronke beland het én gesels met familielede en belanghebbende organisasies oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
- Title
- Orania het die afgelope week sy 30ste bestaansjaar gevier.
- Runtime
- 12:55
- Date posted
- 5 years ago
- Description
- Orania het die afgelope week sy 30ste bestaansjaar gevier. James Kemp het met `n paar rolspelers in die gemeenskap gesels.
- Title
- Wêreldwyd word daar oor die moontlikheid van vierdagwerkweek gepraat.
- Runtime
- 10:47
- Date posted
- 5 years ago
- Description
- Wêreldwyd word daar oor die moontlikheid van vierdagwerkweek gepraat. Maar is dit prakties en kan dit in Suid-Afrika toegepas word? James Kemp het met die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt en die uitvoerende hof van Sakeliga, Piet le Roux hieroor gesels. Dink jy `n vierdagwerkweek kan werk?
- Title
- Hoop Glo en Leef Ep 1
- Runtime
- 14:50
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Beleef saam – Hoop Glo en Leef TV - aan jou gebring deur Pretoria FM.
‘n Besonderse aanlyn tv -program van treffende stories wat jou sal inspireer om te leef met nuutgevonde dankbaarheid.
Word meegevoer deur verhale en luisterryke musiek – Alles in ons bekoorlike taal
Hoop Glo en Leef TV – Op Facebook en Youtube vanaf 9 Desember
- Title
- Pretoria FM Vasbytfonds
- Runtime
- 2:23
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Die Covid-19 krisis het elke enkele bedryf in Suid-Afrika negatief geraak.
Dit het pas bekend geraak dat verskeie Afrikaanse gemeenskapsradio’s selfs sukkel om hulle personeel te betaal en salarisse tot slegs 25% van normale salarisse gesny het. Afrikaanse Gemeenskapsradio is noodsaaklik vir die voortbestaan van ons taal en gemeenskapslewe.
Pretoria FM het besluit om te help. Ons help reeds die afgelope aantal jaar verskeie Afrikaanse gemeenskapsradio’s met inhoud en inkomstestrome. Ons wil hierdie hulp voortsit, uitbou en versterk. Daarom het ons ‘n fonds gestig om Afrikaanse gemeenskapsradio’s te help.
Lewer vandag jou bydrae tot die voortbestaan van Afrikaanse gemeenskapsradio deur ‘n skenking aan:
Die Pretoria FM Vasbytfonds
ABSA bank
Rekeningnommer: 905 549 6744
Takkode: 632 005
Sms ons by 47887 as jy ‘n inbetaling maak en laat weet ook jou vriende.
Deur hande te vat sal ons hierdie krisis oorkom. Pretoria FM, waar ...
- Title
- MOEDERTAAL
- Runtime
- 3:29
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- 20 Februarie 2020 is Internasionale Moedertaaldag.
Afrikaans is 'n omvangryke taal met díe mooiste woorde.
- Title
- Gedagte vir die dag - Karen Zeelie
- Runtime
- 1:01
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Gedagte vir die dag.
- Title
- LIEFDE 101 - Pretoria FM Personeel
- Runtime
- 5:39
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Pretoria FM personeel vertel ons van hul geliefdes.
- Title
- Wêreld-radiodag - Pretoria FM
- Runtime
- 7:56
- Date posted
- 6 years ago
- Description
- Vandag is Wêreld-radiodag.
En wanneer die jonger garde vandag na die draadloos in die kombuis of leefkamer kyk, besef hulle nie aldag waar hierdie medium sy oorsprong gehad het nie.
Esmarie Yssel doen verslag.
- Title
- Pretoria FM Kersfeeskonsert 2019
- Runtime
- 13:18
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Die Pretoria FM Kersfeeskonsert 2019 het plaasgevind op Donderdag 21 November. Soos dit ‘n ware Somerkersfees betaam, was daar reën in die lug. Dit het egter nie ons luisteraars gekeer om reeds vroeg by Loftus Park op te daag nie. Met glimlagte en omgee harte is individuele blikkies, sakkies vol en selfs trollies met nie-bederfbare produkte by die geleentheid afgelaai voor mense hul sitplekke ingeneem het om die Kersfeeskonsert te geniet. Hierdie jaar was daar drie begunstigdes van die produkte wat ingesamel is tydens die Pretoria FM Kersfeeskonsert naamlik Huis Quanessa, Horison Sorgsentrum en Pretoria Skool vir Serebraalgestremde Leerders. Tien kunstenaars wat insluit Fatman, Willem Botha en Pieter Koen het gedeel in die kersvreugde deur gratis op te tree tydens die geleentheid. ‘n Onvergeetlike oomblik tydens die geleentheid was die tye wat dit liggies begin reën het. Die gehoor het bly sit en van die verhoog af kon daar gesien word hoe sambrele soos paddastoeltjies in die re...
- Title
- Coenie & Lambert - Vloei/Stof
- Runtime
- 7:07
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Dit is steeds baie droog oor groot dele van ons land met net stof wat oorgebly het op baie plase! Pretoria FM samel, saam met SA Water Warriors produkte in, wat op 20 Julie na plase vloei om ‘n lafenis te bied vir die mense in die omgewing wat geraak word. SA Water Warriors neem gereeld voorraad na die gebiede en is betrokke by gemeenskapsorganisasies wat weet waar die grootste nood is. Jy kan help om van die moeilike tye uit te stof, deur betrokke te raak by die Pretoria FM Vloeistof projek. Kom lewer water en nie-bederfbare voedsel tussen 15 en 17 Julie af by die Pretoria FM ateljee by die Loftus Park winkelsentrum. Indien jy nie naby woon nie kan jy finansieël bydrae deur die woord, VLOEISTOF, te SMS na 47887. Jy kan hierdie winter help om ons boere se harte en hande warm te hou. Besoek Pretoria FM se webblad of Facebookblad vir meer inligting.
- Title
- Dinamika
- Runtime
- 3:41
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Dit is steeds baie droog oor groot dele van ons land met net stof wat oorgebly het op baie plase! Pretoria FM samel, saam met SA Water Warriors produkte in, wat op 20 Julie na plase vloei om ‘n lafenis te bied vir die mense in die omgewing wat geraak word. SA Water Warriors neem gereeld voorraad na die gebiede en is betrokke by gemeenskapsorganisasies wat weet waar die grootste nood is. Jy kan help om van die moeilike tye uit te stof, deur betrokke te raak by die Pretoria FM Vloeistof projek. Kom lewer water en nie-bederfbare voedsel tussen 15 en 17 Julie af by die Pretoria FM ateljee by die Loftus Park winkelsentrum. Indien jy nie naby woon nie kan jy finansieël bydrae deur die woord, VLOEISTOF, te SMS na 47887. Jy kan hierdie winter help om ons boere se harte en hande warm te hou. Besoek Pretoria FM se webblad of Facebookblad vir meer inligting.
- Title
- PretoriaFM Kombersprojek | Ons sê dankie.
- Runtime
- 2:55
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Soos Laurika Rauch sing:
“Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy….
En loop ek deur die wêreld
- beskut teen die koue -
Die snoesigheid self:
Ek met my moskombersie…”
Vir almal wat deelgeneem het aan hierdie kombers-projek om mens en dier te beskut teen die koue----
Sê ons dankie – Dis die mense wat ons liefhet…
Daar moet dan ook êrens verwys word na Slender Wonder en Loftus Park Winkelsentrum…
- Title
- Pretoria FM Kombersprojek
- Runtime
- 3:51
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Help ons om ander te help hierdie Winter!
As jy ‘n kontant skenking t.o.v. hierdie projek wil maak, SMS die woord KOMBERS na 47887.
SMS’e kos R2
- Title
- Estel - iTunes Gospel Top 5 in Klankkoerant Bylaag.
- Runtime
- 8:04
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Het jy al op Dinsdae geluister na die iTunes Gospel Top 5 in Klankkoerant Bylaag? Clarice Pieterse was vanmôre Estel se gas in die ateljee. Dankie Christiaan Muller dat jy saam kom sing het.
- Title
- Pretoria FM Loftus ateljee.
- Runtime
- 2:40
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Ons bring dié radio na jou toe.
Hoop, glo en lééf in Afrikaans.
PTAFM Vragskiphouerbemarking.
- Title
- Pretoria FM Sprei ons vlerke, 'n droom word waar. Loftus Park atejee opening 1 Maart 2019.
- Runtime
- 3:21
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- PTAFM Vragskiphouerfunksie.
- Title
- PTAFM Advertensie KONGRES
- Runtime
- 0:31
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Hoop, Glo, Lééf in Afrikaans!
- Title
- Pretoria FM Omgeewing SkoleProjek
- Runtime
- 4:31
- Date posted
- 7 years ago
- Description
- Goeie Dag,Het jy geweet Amerikaners gebruik elke dag meer as 500-miljoen strooitjies? Die oseaan en natuurlike omgewing is besig om te versmoor. Dít is waarom Pretoria FM bewusmaking wil skep oor die negatiewe uitwerking van plastiek op die natuur. Pretoria FM is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria.Pretoria FM het meer as 200 000 luisteraars wat in 6 provinsies uitsaai. Ons Klankkoerant Programme het meer as 350 000 luisteraars. Slegs in die groter deel van Pretoria, het Pretoria FM meer as 69 000 luisteraars.Ons wil leerlinge se belangstelling prikkel in omgewingsake en saam aan oplossings dink oor hoe ons die eenmalige gebruik van plastiek kan verminder.Pretoria FM skole OMGEEwingprojek word trots geborg deur King Price Insurance. Opsomming van die projek:•Ons begin dié week by hoërskool Hendrik Verwoerd!•Ses skole sal in ses weke teen mekaar meeding om te kyk wie die meeste plastiek bymekaar kan maak wat dan na Owl Rescue Centre gestuur sal word:...
- Title
- ONS STASIE
- Runtime
- 0:31
- Date posted
- 8 years ago
- Description
- Title
- Pretoria FM 2018
- Runtime
- 0:59
- Date posted
- 8 years ago
- Description

